Satyn Omnibus 4

In Ettie Bierman se ’n Reënboog vir Aralie stem die hoofkarakter teësinnig in toe haar verlamde eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibië te gaan waarneem. En so ontmoet sy vir Franco Conradie, die “olifantfluisteraar”. In Marijke Greeff se Skoonlief en die dirigent is Nina O’Neill ’n inspekteur van Georganiseerde Misdaad in die Polisiediens wat opdrag kry om wêreldberoemde Ierse dirigent en violis Quinn Chauncey op te pas. Hy hoor Nina by ’n troue sing en toe een van sy soliste siek word, vra hy Nina om in te staan. En dan spat die vonke behoorlik tussen hulle! En in Zoë Gouws se Liefde in fokus is Xante Knobel ’n bedrewe fotograaf wat kennis maak met Faan Viljoen, ’n argitek met ’n passie vir bekostigbare behuising. Hy is ook die pa van ’n dogtertjie wat graag ’n model wil word – iets wat vir hom heeltemal onaanvaarbaar is. Die dogtertjie se ma, sy eks, was immers ’n model, en kyk waarop het dít uitgeloop… Net toe dit lyk asof Xante en Faan op professionele vlak goed sal saamwerk, sien Faan hoedat Xante sy dogtertjie afneem met die oog op modelwerk, en die gort is gaar!

Price history

▼-15%
Sep 10, 2022
€12.63
▲4.2%
Mar 31, 2022
€14.86
▲6.03%
Jan 27, 2022
€14.26
▼-0.07%
Jan 26, 2022
€13.45
▼-0.34%
Jan 24, 2022
€13.46
▲0.27%
Jan 17, 2022
€13.51
▲0.14%
Jan 11, 2022
€13.47
▼-0.41%
Jan 10, 2022
€13.45
▲0.41%
Jan 4, 2022
€13.51
▲0.76%
Dec 28, 2021
€13.45

Manufacturer

eBooks.com