Annelie Botes het haarself oor en oor bewys as een van die voorste storievertellers in Afrikaans. Die korpus boeke wat uit haar pen verskyn het, staan onweerlegbaar as getuienis van ân uitsonderlike talent. Deur die jare is ân magdom tydskrifverhale, ân genre wat dikwels verkeerdelik onderskat word, in tydskrifte soos Vrouekeur, Rooi Rose en Huisgenoot opgeneem. Kainsmerk bevat ân keur van dié verhale wat deur die skrywer self uitgesoek is. Botes se karakters dra dikwels ân teken van vervloeking wat hulle broos laat, en wat hulle vir die wêreld wil verberg. Isabella se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink. Sy droom van ân dag waarop sy haar man se lyk in die put op die plaaswerf kan afgooi. Magdaleen bou ân padstal en werk haar tot eelte terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy en haar regterhand Kaatjie tydens ân vloed op die dak van die padstal vasgekeer word. Dalena, het geen behae in haar huwelik nie, maar een nag tydens ân plaasaanval raak sy en haar man nét op mekaar aangewese. Sophia, ân huishoudster wat tronkstraf vir diefstal uitgedien het, begin werk vir ân hoogaangeskrewe man met ân rare obsessie. Marianna laat haar dominee-man agter en gaan soek rus en heling in ân grot op haar geboorteplaas. Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. As spesiale bonus is die immergewilde âDuiwelsbroodâ, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem. Annelie Botes se aanhangers sal saamstem: Hierdie is vertelkuns op sy beste.
Price history
▲5.82%
Jan 27, 2022
€10.42
▼-0.61%
Jan 24, 2022
€9.85
▼-0.09%
Jan 18, 2022
€9.91
▲0.53%
Jan 17, 2022
€9.92
▲0.35%
Jan 4, 2022
€9.87
▲0.62%
Dec 28, 2021
€9.83
▼-0.18%
Dec 21, 2021
€9.77
▼-0.09%
Dec 14, 2021
€9.79
▲0.27%
Dec 13, 2021
€9.80
▼-0.35%
Dec 6, 2021
€9.77